Cross Roads

Ons is so dankbaar vir die werk wat die Here doen in die lewens van vroue agter tralies. Ons het verlede jaar ‘n kombers projek geloods wat baie suksesvol was, en ons wil graag ons dank uitspreek vir al die bydraes wat ons ontvang het!

 Hierdie tipe projekte is ‘n diakonale uitbreiding van ons bediening aan die gevangenis en vorm nie deel van die amptelike program van Crossroads Prison Ministries nie. Die program behels korrespondensie bybelstudies waarvan elke kursus tussen 10 en 15 lesse bevat, een kursus neem minstens ‘n jaar om te voltooi. Studente voltooi die bybelstudies op hul eie tyd en handig dit in by ‘n sending werker wat weekliks lesse gaan ruil en ‘n oordenking doen.  Lesse word dan vanuit die administrasie kantoor versprei na gemeentelede/mentors van gereformeerde kerke, vir die nasien daarvan. Die mentor bid in hierdie tyd vir die betrokke student en skryf ‘n anonieme brief van bemoediging aan die gevangene terug. Op hierdie manier kan ‘n gemeentelid anoniem, in die gerief van sy woning, op sy eie tyd die evangelie verkondig en uitreik na mense in nood. Daar is bykans 680 studente en 100 mentors in Pretoria omgewing. Ons kort altyd mentors by die verskillende kampusse in Polokwane, Pretoria, Krugersdorp, Potchefstroom en Kaapstad! Daar word ook dringend sending werkers vir Johannesburg mans en vroue gevangenis gesoek!

Crossroads Prison Ministries het tans om en by 80 aktiewe dames studente by Kgosi Mampuru Females. 15 studente kry op die 22ste September hul sertifikate vir die voltooiing van kursusse.

Tydens hierdie seremonie gee ons graag vir al die vroue in die gevangenis ‘n geskenkpakkie bestaande uit toiletbenodigdhede, en vir diegene wat sertifikate ontvang ‘n pakkie met groter verskeidenheid. Daar is tans 270 vroue in Kgosi Mampuru gevangenis. Die hoeveelheid items wat ons insluit word bepaal deur die bydraes wat ons ontvang. Dis dan ook die doel van die skrywe, om te hoor of u bereid sal wees om as gemeente of individue bydraes te maak om hierdie projek moontlik te maak.

Hiermee ‘n uiteensetting van beraamde kostes vir 300 pakkies (die getalle wissel baie en ekstra items word deur die loop van die jaar uitgedeel):

Roll-on R 5400

Lyfseep R4500

Shampoo R7500

Vaseline R14000

Tandepasta R 5400

Ekstra items vir die sertifikaat geskenke:

Conditioner R4000

Handeroom R 4000

Waslap R 2000

Sjokolade R2000

Kontak asb vir Marlien van Heerden, indien u graag aan hierdie projek wil deelneem, of op enige ander manier betrokke wil raak. Die seremonie is die 22ste September, bydraes of onderneming tot bydraes vir hierdie projek, moet asseblief voor 16 September gekommunikeer word vir beplanning en aankope. Indien u op ‘n later stadium of maandelikse bydraes vir Crossroads Prison Ministries wil maak sal dit ook baie waardeer word!

Mense in die gevangenis is waarlik tot stilstand geruk en baie ontvanklik vir die evangelie. Ons is maar van nature baie skepties en veroordelend. God se Woord is lewend en kragtig en ondersoek die hart (Heb 4:12). Hy oortuig en bring bekering en groei (Joh 16:8). Om die wonder van God se Hand te sien en beleef in ander se lewens is groot bemoediging. Maar die oes is groot en die arbeiders min! Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes’” (Matt 9:36-37).

Groete met groot dank vir elkeen wat op sy eie besondere manier hierdie uitreik aksie ondersteun.

Marlien van Heerden

(Sending werker vir Crossroads Prison Ministries)

0825625008