Waar leer ek meer?

As jy graag meer oor Jesus wil leer, en Hom meer wil gehoorsaam, beveel ons die volgende aan as moontlike dinge wat jou kan help:

  • Lees die Woord (2 Tim. 3:16).
    • Jy wil eerstens God beter leer ken deur die Bybel. Dit is slegs deur sy Woord wat Hy die Verlossing in Jesus bekend gemaak het. Bybellees is belangrik. Lees die Evangeliebeskrywings (Mattheus, Markus, Lukas, Johannes) en Romeine eerste. Dan lees die Bybel van links na regs.
    • Gebruik ‘n leeskalender om deur die Bybel te lees: https://www.ligonier.org/posts/bible-reading-plans
  • Bid gedurig (1 Thess. 5:17).
  • Kry ‘n Bybelgetroue kerk en woon al die eredienste by (Heb. 10:24; 13:7, 17).
  • Kry ‘n goeie Studiebybel (Heb. 13:7, 17).
    • Ons almal sukkel om baiekeer te verstaan wat ‘n teksgedeelte beteken, en daarom is ‘n goeie Studiebybel baie belangrik. Jy kan dit saam met jou eie Bybel lees. Die volgende Studiebybels word baie sterk aanbeveel:
  • Luister getroue predikers se preke.
    • Jy kan baie goeie preke op sermonaudio.com kry (Paul Washer, John MacArthur, Douglas Wilson, Steven Lawson, Sinclair B. Ferguson, Voddie Baucham, Alister Begg, Joel Beeke, Kevin Swanson).
  • Kry goeie boeke by Goodneighbours boekwinkel: https://www.goodneighbours.org.za
  • Gebruik kommentare.
    • Indien jy verder ondersoek oor ‘n spesifieke teksvers wil instel (en jy het nie die antwoord by ‘n Studiebybel gekry nie) is dit goed om kommentare te raadpleeg.
    • Die volgende twee kommentare is baie handig en dit kom op meeste selfoon apps en gratis op die internet voor:
    • Daar is nog gratis kommentare hier beskikbaar:
    • Die volgende Selfoon Apps kan gebruik word om hierdie en ander kommentare te kry:
      • AndBible (Android) – Gratis
      • eSword (Apple) – Gratis
      • Olive Tree (die Studiebybels kan ook hier gekoop word)
      • Logos (seker die beste program vir kommentare)
      • Accordance
  • Gebruik gotquestions.org vir spesifieke vrae.