Burgerlike Owerheid

Hieronder is bronne wat handel oor die onderwerp van burgerlike owerheid soos belig vanuit die Skrif. Die Woord van God wys vir ons hoe ons Hom moet eer in elke gedeelte van ons lewe (2 Tim. 3:15-17). God praat breedvoerig en baie duidelik oor die onderwerp van regering – dit is net ons sondaarmense wat baie keer verhard en onverstandig is om raak te sien wat God duidelik in die Skrif leer. Ons het inderdaad die verligting van die Heilige Gees nodig!

Vrae soos die volgende word in die bronne beantwoord: Wat is die regering se taak? Wat is gelowiges se verantwoordelikheid teenoor die regering? Wat is die regering se magsbeperkings? Hoe moet ons dink oor belastings? Het die regering mag oor die kerk? Kan die regering vir die kerk voorskryf wat om te doen?

‘n Goeie opsommende verklaring van hoe gelowiges in ‘n skoon gewete teenoor die burgerlike owerheid moet optree, kan soos volg lui:

Wanneer die burgerlike owerheid iets verbied wat God beveel (soos die verbod op die verkondiging van die Evangelie – Hand. 5:29; of verbod op samekomste (Hand. 10:25)); of as die burgerlike owerheid iets beveel wat God verbied (soos wanneer dit vereis was dat babas doodgemaak word – Ex. 1), dan MOET gelowiges die burgerlike owerheid ongehoorsaam wees. Maar wanneer die burgerlike owerheid iets vereis of verbied wat buite hulle magsfeer is (hulle mag slegs kwaaddoeners straf – Rom. 13:4), dan HOEF gelowiges nie die burgerlike owerheid gehoorsaam te wees nie.

Preke

Boeke

  • Johannes Calvyn se hoofstuk oor die burgerlike owerheid:
  • Die Gereformeerde Kerke se studie in die 1940’s oor die Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 36 (NGB36; dit handel oor die verstaan van die Skrif se leer oor die regering):
  • Theodorus Beza (opvolger van Calvyn in Geneve) se skrywe oor die verstaan van regering (na aanleiding van die vervolging van die Hugenote in Frankryk – spesifiek na Bartlomeus Nag):
  • Junius Brutus (‘n onbekende en miskien anonieme Hugenote skrywer) oor die leer van die regering
  • Die Magdeburg Belydenis oor Regering wat opgestel is deur predikante in die Duitse stad Magdeburg 1550 (soos die stad aangeval is deur Keiser Karel om die Protestante geloof uit te roei)
  • John Knox se skrywe aan die maghebbers in Skotland oor hoe hulle volgens die Skrif moet optree:
  • Robert Fugate wys uit dat nie alle owerhede/regeerders dienaars van God is nie:
  • Samual Rutherford (1600’s) se boek oor die regering is ‘n standaard werk deur eeue gewees- hy wys uit dat regerings nie net wette kan maak soos wat hulle wil nie

Webblaaie

Kommentare

Belydenisskrifte

  • Warrenton Declaration: www.warrentondeclaration.com
    • Hierdie is ‘n hedendaagse belydenis oor die taak van die regering en hulle beperkings in die reaksie op siektes

  • Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 36 (NGb. Artikel 36)

Artikel 36

DIE BURGERLIKE OWERHEID

Ons glo dat ons goeie God vanweë die verdorwenheid van die menslike geslag konings, vorste en owerhede aangestel het. Dit is immers sy wil dat die wêreld deur middel van wette en regerings geregeer moet word, sodat die losbandigheld van die mense in bedwang gehou kan word en alles onder die mense ordelik kan verloop. Vir dié doel het Hy die owerheid die swaard in die hand gegee om die kwaaddoeners te straf (Rom 13:4) en die deugsames te beskerm.

En dit is nie alleen hulle taak om aan die staatsbestuur aandag te gee en daaroor te waak nie maar ook om die heilige Woordbediening te beskerm, om sodoende alle afgodery en valse godsdiens teen te gaan en uit te roei, die ryk van die antichris te vernietig en die koninkryk van Jesus Christus te bevorder, die Woord van die evangelie orals te laat verkondig, sodat God deur elkeen geëer en gedien word soos Hy in sy Woord beveel.

Verder is elkeen verplig, van watter hoedanigheid, rang of stand hy ook al mag wees, om hom aan die owerhede te onderwerp, belasting te betaal, aan hulle eer en onderdanigheid te bewys, hulle te gehoorsaam in alles wat nie met die Woord van God in stryd is nie, en vir hulle voorbidding te doen dat die Here hulle in al hulle handelinge mag bestuur, sodat ons in alle godsvrug en eerbaarheid ‘nrustige en stil lewe kan lei (1 Tim. 2:2).

Hierin verfoei ons die Wederdopers en ander oproerige mense en in die algemeen almal wat die owerheidsgesag en regeerders wil verwerp en die regsorde omver wil stoot, terwyl hulle die gemeenskaplike besit van goedere invoer en die eerbaarheid wat God onder die mense ingestel het, versteur.

Eks. 18:20; Rom. 13:1; Spr. 8:15; Jer. 22:3; Ps. 82; Deut. 1:16; 16:19; 17:16; 2 Kor. 10:6; Ps. 101; Jer. 21:12; Rig. 21:25; Jer. 22:3; Dan. 2:21-22; (5:8); Jes. 49:23; 2 Kron. 23; 1 Kron. 15:12; Rom. 13:1; Luk 22:1; 1 Pet. 2:17; Tit. 3; Matt. 17:27; Hand. 4:17-19; Hand. 2, 5; Hos. 5:11; Jer. 27:5; 2 Pet. 2:10; Jud. 1:10; 1 Tim. 2:2

  • Heidelbergse Kategismus Sondag 39 vraag&antwoord 104

Sondag 39

Vraag 104: Wat eis God in die vyfde gebod?Antwoord: Ek moet my vader en moeder en almal wat oor my gestel is, alle eer, liefde en trou bewys. Aan hulle goeie leer en tug moet ek my met die verskuldigde gehoorsaamheid onderwerp (a). Ook moet ek met hulle gebreke geduld hê (b), omdat God ons deur hulle wil regeer (c).
(a)Efe. 6:1, 2, 5; Kol. 3:18, 20, 22; Efe. 5:22; Spr. 1:8; 4:1; 15:20; 20:20; Ex. 21:17; Rom. 13:1. (b) Spr. 23:22; Gen. 9:24;1 Pet. 2:18. (c) Efe. 6:4, 9; Kol 3:20; Rom. 13:2, 3; Matt. 22:21.

  • Westminster Confession of Faith (WCF Chapter 23)

Chapter XXIII – Of the Civil Magistrate.
i. God the supreme Lord and King of all the world, hath ordained civil magistrates to be under Him, over the people, for His own glory, and the public good; and, to this end, hath armed them with the power of the sword, for the defence and encouragement of them that are good, and for the punishment of evil doers.(1)
(1) Ro 13:1-4; 1Pe 2:13,14.


ii. It is lawful for Christians to accept and execute the office of a magistrate, when called thereunto:(1) in the managing whereof, as they ought especially to maintain piety, justice, and peace, according to the wholesome laws of each commonwealth;(2) so, for that end, they may lawfully, now under the New Testament, wage war upon just and necessary occasions.(3)
(1) Pr 8:15,16; Ro 13:1,2,4.
(2) Ps 2:10,11,12; 1Ti 2:2; Ps 82:3,4; 2Sa 23:3; 1Pe 2:13.
(3) Lk 3:14; Ro 13:4; Mt 8:9,10; Ac 10:1,2; Rev 17:14,16.


iii. Civil magistrates may not assume to themselves the administration of the Word and Sacraments;(1) or the power of the keys of the kingdom of heaven;(2) or, in the least, interfere in matters of faith.(3) Yet as nursing fathers, it is the duty of civil magistrates to protect the Church of our common Lord, without giving the preference to any denomination of Christians above the rest, in such a manner that all ecclesiastical persons
whatever shall enjoy the full, free, and unquestioned liberty of discharging every part of their sacred functions, without violence or danger.(4) And, as Jesus Christ hath appointed a regular government and discipline in his Church, no law of any commonwealth should interfere with, let, or hinder, the due exercise thereof, among the voluntary members of any denomination of Christians, according to their own profession and belief.(5) It is the
duty of civil magistrates to protect the person and good name of all their people, in such an effectual manner as that no person be suffered, either upon pretense of religion or infidelity, to offer any indignity, violence, abuse, or injury to any other person whatsoever; and to take order, that all religious and ecclesiastical assemblies be held without molestation or disturbance.(6)
(1) 2Ch 26:18
(2) Mt 16:19; 1Co 4:1,2
(3) Jn 18:36; Mal 2:7; Ac 5:29
(4) Isa 49:23
(5) Ps 105:15; Ac 18:14-16
(6) 2Sa 23:3; 1Ti 2:1; Ro 13:4

iv. It is the duty of people to pray for magistrates,(1) to honour their persons,(2) to pay them tribute or other dues,(3) to obey their lawful commands, and to be subject to their authority, for conscience sake.(4) Infidelity, or difference in religion, doth not make void the magistrates’ just and legal authority, nor free the people from their due obedience to them:(5) from which ecclesiastical persons are not exempted,(6) much less hath the Pope any power and jurisdiction over them in their dominions, or over any of their people and, least of all, to deprive them of their dominions, or lives, if he shall judge them to be heretics, or upon any other pretence whatsoever.(7)
(1) 1Ti 2:1,2
(2) 1Pe 2:17
(3) Ro 13:6,7
(4) Ro 13:5; Tit 3:1
(5) 1Pe 2:13,14,16
(6) Ro 13:1; 1Ki 2:35; Ac 25:9,10,11; 2Pe 2:1,10,11; Jude 8-11
(7) 2Th 2:4; Rev 13:15-17