Psalms

God het in Sy wysheid besluit dat die kerk toegerus, bemoedig, vertroos en vermaan sal word wanneer hulle die Psalms in kennis en vertroue sing: “Spreek onder mekaar met psalms….. psalmsing in julle hart tot eer van die Here” (Efe. 5:19); “(l)eer en vermaan mekaar met psalms…” (Kol. 3:16).

‘n Wonderlike motivering vir gelowiges om die 150 Psalms te sing, vind ons in die feit dat Jesus die Inhoud (Luk. 24:27, 44), die Voorsanger (Ps. 22:23, Heb. 2:1, Ps. 35:18), en die Skrywer (1 Pet. 1:10, 11) is. Op grond van hierdie feit, weet gelowiges dat hulle oor Jesus en saam met Jesus sing wanneer die Psalms in sy ware Christus-vervulde betekenis gesing word.

  • Laai die 150 psalms se bewoording hier af: Psalmboek
  • Laai die selfoon toepassing hier af: Psalms
  • Hier is ‘n Youtube-kanaal waar baie van die opgeneemde Psalms geluister kan word: Psalmsing-kanaal